Albert Einstein

Albert Einstein
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Einstein tydens 'n lesing in Wene in 1921.

Gebore 14 Maart 1879
Ulm, Koninkryk van Württemberg, Duitse Keiserryk
Oorlede 18 April 1955
Princeton, New Jersey, Verenigde State
Nasionaliteit Koninkryk van Württemberg (1879–1896)
Staatloos (1896–1901)
Vlag van Switserland Switserland (1901–1955)
Vlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye (1911–1912)
Vlag van Duitse Keiserryk Duitse Keiserryk (1914–1918)
Vlag van Republiek van Weimar Republiek van Weimar (1919–1933)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1940–1955)
Ouers Hermann Einstein (vader)
Pauline Einstein (moeder)
Beroep akademikus, fisikus, uitvinder
Bekend vir Algemene relatiwiteit en spesiale relatiwiteit
foto-elektriese effek
Massa-energie-ekwivalensie
Teorie van Brown se beweging
veld-vergelykings
Bose-Einstein statistiek
Bose-Einstein kondensaat
Bose-Einstein korrelasies
Verenigde veldteorie
EPR-paradoks
Eerbewyse Nobelprys vir fisika (1921)
Matteucci medalje (1921)
Copley medalje (1925)
Max Planck-medalje (1929)
Time Persoon van die Eeu (1999)
Royal Society
Religie Judaïsme
Huweliksmaat Mileva Marić (1903–1919)
Elsa Löwenthal (1919–1936)
Kind(ers) "Lieserl" (1902–1903?)
Hans Albert (1904–1973)
Eduard "Tete" (1910–1965)
Albert Einstein signature 1934.svg

Albert Einstein FRS (14 Maart 187918 April 1955) was 'n teoretiese fisikus wat wyd as die grootste wetenskaplike van die 20ste eeu beskou word. Hy het die relatiwiteitsteorie voorgestel en groot bydraes tot die ontwikkeling van kwantummeganika, statistieke meganika en kosmologie gemaak. Hy is die Nobelprys vir fisika in 1921 toegeken vir sy verduideliking van die fotoelektriese effek en "vir sy diens gelewer aan Teoretiese Fisika".[1]

Na die formulering van sy algemene relatiwiteitsteorie word Einstein wêreldberoemd, 'n ongekende eer vir 'n wetenskaplike. In latere jare het sy beroemdheid bo enige ander wetenskaplike in die geskiedenis uitgestaan, en in omgangstaal is Einstein sinoniem met iemand van baie hoë intelligensie of die grootste genie. Sy gesig is ook een van die mees herkende die wêreld oor. In 1999 is Einstein as "Persoon van die Eeu" deur Time Magazine benoem. Hierdie populariteit het ook gelei tot wye gebruik van Einstein in advertensie en bemarking, en sluit selfs die registrasie van Albert Einstein as 'n handelsmerk in.

'n Eenheid in fotochemie, die einstein, sowel as die chemiese element einsteinium en die asteroïede 2001 Einstein is ter ere na hom genoem.

  1. (en) "The Nobel Prize in Physics 1921". Nobelprize.org. Verkry op 8 Oktober 2017. 

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne