Google

Hierdie artikel handel oor die Amerikaanse maatskappy. Vir die soekenjin, sien gerus Google-soekenjin. Google Inc. (NASDAQ: GOOG) is die maatskappy agter die Google-soekenjin en Google Chrome-webblaaier. Google is deur Larry Page en Sergey Brin gestig. Die maatskappy verskaf voltydse werk aan 20 222 mense (syfers van 22 Januarie 2009). Hulle hoofkantoor, genaamd die Googlepleks, is in Mountain View, Kalifornië geleë. Die maatskappy het op 19 Augustus 2004 op die Amerikaanse beurs genoteer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne