Sri Lanka

Sri Lanka (Singalees: ශ්‍රී ලංකාව, śrī laṃkāva, Tamil: இலங்கை, ilaṅkai), amptelik die Demokratiese Sosialistiese Republiek van Sri Lanka, is 'n eilandnasie in Suid-Asië. Die land is 'n tropiese eilandstaat in die Indiese Oseaan met 'n bevolking van 20 277 597 in 2012. Die land se hoofstad is Sri Jayawardenepura, maar die grootste stad is Colombo. Sri Lanka het voor 1972 as Ceylon bekend gestaan. Die naam Ceylon word steeds gebruik vir tee, een van Sri Lanka se belangrikste uitvoerprodukte. Voor dit het dit name soos Serendib en Sinhale gehad. Sri Lanka beteken in Sanskrit "eerbare eiland". Ceylon het vanaf 1658 tot 1796 'n Nederlandse kolonie gewees. In 1796 neem die Britte die eiland oor, maar op 4 Februarie 1948 word dit 'n onafhanklike land. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is ongeveer 5 000 Boere krygsgevangenes deur die Britte na Ceylon verban.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne